Covenant Evangelical Ministries

DIE WAPENRUSTING WAT GOD GEE (Efesiërs 6:10)   - Pastoor PJ Oktober

Ons is in ’n geestelike geveg gewikkel. Die Satan gaan soos ’n brullende leeu rond en kyk wie hy kan verslind. Hierdie aanslae sal jy net kan weerstaan as jy jou krag in die Here vind en jou weerbaar maak met die wapenrusting wat Hy gee. Paulus gebruik verskillende dele van die wapenrusting as beeld om te wys watter toerusting God ons gee om in ons geveg staande te bly.

God se toerusting

Beeld

Aanwending

Waarheid

Heupgordel

Die wapen wat die gelowiges se aanvallers gebruik is leuens, wat dikwels soos waarheid gekamoefleer is. Jy het egter die waarheid om hierdie leuens te oorwin.

Vryspraak deur God

Borsharnas

Jou hart is ’n sagte teiken, en die teiken word getref as jy begin twyfel of God jou regtig vrygespreek het. God se versekering dat Hy jou wel vrygespreek het, werk soos ’n borsharnas wat jou hart beskerm. Sit die harnas aan, en jou hart sal nie getref word nie.

Bereidheid om die evangelie te verkondig

Skoene

’n Mens kan jouself maklik oortuig dat jou pogings om die evangelie te verkondig nie veel werd is nie, veral as dit by baie net negatiewe reaksie ontlok. ’n Mens kan ook maklik bang word vir die groot omvang van die taak. Moenie so van stryk gebring word nie. Trek die skoene wat die Here jou gee aan, en vat die pad. En as die Here iemand op jou pad bring, vertel van die evangelie!

Geloof

Skild

As mens swaarkry, begin jy wonder of jy met reg op God vertrou. Swaarkry en teëspoed is dan soos brandpyle wat jou dodelik wil kwes, sodat jy jou rug op God draai en jou eie heil probeer uitwerk. God gee egter ’n skild om hierdie brandpyle af te weer, naamlik geloof. Om te glo beteken om al jou vertroue op die Here te plaas, om jouself aan Hom toe te vertrou, in die wete dat Hy jou in sy hand hou en alles vir jou ten goede laat gebeur. Gebruik jou skild!

Verlossing

Helm

As jy met jou verstand eers begin twyfel aan die feit dat God jou verlos het, is jy dodelik gewond. Dan sal jy sommer maklik jou lewe inrig soos wat jou natuurlike geaardheid dit graag wil hê. As jy weet dat jy verlos is, sal jy egter nie toegee aan jou natuurlike geaard-heid nie. God het jou verlos. Dit is die helm wat Hy gee om jou verstand te beskerm. Sit jou helm op!

God se Woord

Swaard

God rus jou nie net toe om jou te verdedig nie, maar Hy gee ook aan jou ’n aanvalswapen, naamlik die “swaard van die Gees”, die Bybel. Leer ken hierdie swaard sodat jy dit kan gebruik, en “die vyand” kan neutraliseer.

Veg teen die bose en dien die Here Jesus Christus
cem001001.gif
Home
cem001001.gif cem001001.gif cem001001.gif cem001001.gif cem001001.gif cem001001.gif cem001001.gif
Our History
Our Staff
About Us
Contact Us
Our Constitution
Sermons
Photo Galary
cem001001.gif
Easter Conference
Knysna 2008